Wednesday, 28 October 2015

Nelsons, kopklemme,maskers en handsakke!



Ons held het nog altyd 'n ding vir maskers gehad. Seker die dat hy kleintyd stoeihelde aanbid het, veral die gemaskerdes. En daar was vele...

In die veertigerjare was daar Johannes van der Walt. Sy naam is uitgebeitel in die sportgeskiedenis van Suid-Afrika..
Hy was die beroemde stoeier wat onder die skuilnaam van Die Gemaskerde Wonder later ʼn nasionale held geword het, wat die verbeelding aangegryp het soos nooit tevore nie. Hy het vanweë sy krag maar veral met sy volstruisskop, baie roem verwerf.
Toeskouers het in hulle duisende na die stoeikryt gestroom en die sportsoort het ʼn hoogtepunt in Suid-Afrika bereik.
Na 51 gevegte, waarvan hy net 3 verloor het, is die Gemaskerde Wonder in November 1935 vrywillig ontmasker nadat daar nie aan die uitdruklike voorwaarde – dat hy met twee valle teen nul geklop moes word – voldoen kon word nie.

En dan die gemaskerde Wilde Man van die Kalahari in die vyftiger- en sestigerjare.Dit was natuurlik Martiens Jacobs.

Frikkie Alberts het die tradisie voortgesit in die sestigs, onder die skuilnaam van Vrystaat.'n Koerantman het op 'n keer gewonder hoe ’n mens ’n paar blomkoolore in ’n rugbyoond kry. "Ek wonder nie meer nie – nie nadat Suid-Afrika se nuutste gemaskerde stoeier, Vrystaat, my harspan tussen sy kortrib en dik gespierde arm vasgeknyp het nie!"
“Baie soos ’n bobbejaan met ’n groenmielie maak,” moes hy later van die spotters hoor.

Intussen het die burgermeester van Windhoek ook groot naam gemaak in die stoeikryt. Niemand het natuurlik besef dis hul eie burgermeester nie, want Die Suidwester het met 'n swart masker aan die manne se gal gewerk. Con Katzke se geheim was vir 'n tyd lank goed bewaar.

 Maar sy groot held het nie 'n masker nodig gehad om die land se verbeelding aan te gryp nie.
"Jy val nou wel gereeld dat jou niere soos albasters in jou lyf skud, maar solank ek hou, gaan ek stoei.'' Só het Jan Wilkens pas ná hy beroepstoeier geword het, aan Die Burger gesê. Om vir 23 jaar aan meer as 3 000 swaargewiggevegte deel te neem, waarvan 45 om die wêreldtitel was en dié titel vier keer te herower, is sekerlik op die ou end nie goed vir enige man se gestel nie. Maar Jan het gehou en hy het kwalik een persent van al sy gevegte verloor. ``Die moeilikheid is dat ek in die laaste tyd ná 'n geveg net op my rug kan slaap. My sye en rugwerwels is só seer dat ek byna nie kan roer nie.'' Die sterkste man teen wie hy gestoei het? Jan het gereken dit was die ou met die naam King Kong Mosca. ``Dis nie dat hy so gróót was nie. Hy was kort en fris. Dié soort ou het mos nie 'n nek nie en jy kan hom nie eintlik in 'n ordentlike greep beetkry nie.'' Volgens Jan was Big John Stronbo die vuilste en John Quin die wetenskaplikste stoeier teen wie hy te staan gekom het. Wat was vir Jan Wilkens die hoogtepunt in sy stoeiloopbaan? ``Dit was die aand in Februarie 1971 toe ek teen my ou skoolheld, Percy Hall, om die ekstra-swaargewigtitel van Suid-Afrika gestoei en gewen het.'' Jan Wilkens het ook 'n laaste boodskap vir sy ondersteuners gehad. ``Hulle het my gedra. Veral die vroue. Jy weet vroue is ons beste klandisie. Hulle wil graag hê hulle mans moet soos die stoeiers wees en dis dié dat hulle ons só histeries aanpor.''

Bull Hefer was een van die prominente promotors. Manie Maritz, Willie Liebenberg, Sam Cohen...so rol die name.

In die Kaap het hy in die ou Drill Hall, en later die Good Hope Centre stoeigevegte gaan kyk. Saam met Sakkie Maartens en Evelyn Ferreira. Ou tannies het Jan se opponente met hul handsakke getakel en op die skeidsregter (altyd die legendariese Andy Dell) geskel as hul voel hul Jan word seergemaak. Groot pret...'n man moes soms net koes of jy word deur so 'n verdwaalde handsak geskraap.

En nou? Nou gly hy snags self deur die donker stil strate van sy buurt. Gekleed in sy eie swart masker. Paraat en reg vir enige gebeurlikheid.Die burgers van Lynnwood kan rustig slaap.






 

Tuesday, 20 October 2015

Die vuiste klap in Danville,Pretoria-Wes

Tant Lettie se sopkombuis en depot vir ou klere en komberse vir die behoeftiges is 'n instelling in Pretoria-Wes. Die mense van Danville het dit nie breed nie, en sy is 'n steunpilaar van die gemeenskap,

Toe die woord kom dat sy hulp nodig is, dringend nodig is, laat ons held nie op hom wag nie. Hy was lanklaas in die geweste...Proesstraat en dan Boomstraat...lees hy die straatname. "Die Bek van Boomstraat"...was dit tog nie Kallie Knoetze se bynaam in sy swaargewig boksdae nie? Dan by Staatsartillerie Weg verby.

'n Motorfietsbende terroriseer Tant Lettie en die siele wat saans by haar kom aanklop vir ietsie warms..sou dit nou 'n koppie sop of 'n ou kombers wees.Dis blykbaar net lang hare, baarde, tatoeeermerke, kettings, ystervuiste(knuckle dusters) en messe, lang messe.

Sy plan om met die belhamel op die eerste motorfiets klaar te speel, werk soos 'n droom.Ta het nooit die dun ysterdraad gesien wat kophoogte oor die pad gespan was nie. Hy word met so 'n slag van die ou BSA Norton afgeruk dat hy op sy sitvlak in die pad te lande kom,,,die motorfiets kies sy eie koers  die donker nag in. Hy dink eensklaps aan die slottoneel van die 1973 fliek, Electra Glide in Blue. Een van die slegte ouens trek los met 'n haelgeweer uit die agtervenster van 'n paneelwa en skiet die verkeerskonstabel los van sy Harley af. Die toneel speel in dorre Arizona af...die paneelwa verdwyn in die verte en Zipper(die poliesman)bly sterwend op die teerpad sit.

Nou ja,"you don't bring a knife to a gunfight"...die swaar bofbalkolf swaai en die 2de teertou se Nazi helmet trek van sy kop af. Sy wang en neus verbrysel deur die geweld van die hou.'n Roggel ontsnap uit sy keel...bloed spuit uit wat oorbly van sy neus...hy kruip skreeuend op die grond rond.

Twee plat, nog een om te gaan...die lafaard het genoeg gesien en probeer naarstigtelik sy motorfiets omdraai in 'n futiele poging om weg te kom.Te laat...'n plettervat soos 'n Mannetjies Roux van ouds, en hy maak ook hard met moeder aarde kennis. Ons held se gebalde vuiste klap een, twee, drie maal en die vent is droomland toe.

'n Koppie sop en snytjie bruin brood met botter en appelkooskonfyt dik gesmeer...Tant Lettie het aangedring, hy kon nie nee se nie. Haar dogter het met bewondering in haar oe die sop vir hom aangegee.Die kind het mooi geword. Blykbaar ook al geskei."Sal hy miskien weer kom kuier?" Hy voel die drang om haar nader te trek...stywe klinknaelbroek, stywer wit bloes, vol lippe...

Nee man...die adrenalien...toor met jou kop! Sy kon jou dogter gewees het! Skaam en verward mompel hy totsiens en vat die pad, terug na sy kamer in die losieshuis by Mevrou Potjierol.








Tuesday, 13 October 2015

Crooks Corner!

Vesigtig sit hy die SASOL Voels van Suider-Afrika terug op sy plekkie in die boekrak. 27 nuwe spesies aangeteken gedurende sy besoek aan die Nasionale Krugerwildtuin.Wat 'n skat is dit nie. Weens President Paul Kruger se volgehoue pogings is die gebiede tussen die Sabie- en Krokodilriviere in 1898 tot die Sabiewildreservaat verklaar. Hieruit het die huidige Krugerwildtuin ontstaan.

Ons held se voelkyk stokperdjie het hom laat besluit op Punda Maria. Boomryk en veral bekend vir die ryke verskeidenheid van voelsoorte wat daar voorkom...En dan natuurlik ook die interessante geskiedenis van Crooks Corner.

"This triangular piece of land situated between the Luvuvhu and Limpopo rivers, is the most north easterly corner of the Old Transvaal(now Limpopo Province.)
Since 1913, the Luvuvhu river acted as the northern most boundary of the Kruger National Park, up to where it joined the mighty Limpopo river.
The Limpopo river was always the boundary between the Transvaal in South Africa and Southern Rhodesia (now called Zimbabwe.)
The confluence of the two rivers also formed a natural corner between the two countries and Portuguese East Africa(now called Mozambique.)
This area was one of the most remote areas of South Africa, only accessible via long, arduous wagon roads through thick bush and in very hot conditions.
Inevitably it became know as Crooks Corner as it was the home of ivory poachers, illegal black labour recruiters, gun runners and various other "shady"characters that had chosen the free life of buccaneers and outlaws.
At the corner where the rivers meet , there is a wonderfully useful beacon. To the east lay the Old Portuguese territory. To the north was Southern Rhodesia , to the west lay the Union of South Africa and to the south was the huge track of land that eventually became the Kruger National Park.
Now, if the long arm of the law started to catch up with any outlaw, all they needed to do was to remember the beacon, and if you were on the opposite side of the beacon the law could not reach you for fear of violating an international boundary.
Even if lawmen from three different countries arrived at the same time, you could also sit on top of the beacon and watch the lawmen fight over who takes you into custody. and this is how the crooks of Crooks Corner managed to live long and healthy lives."

So lees die gedenksteen by die parkeerarea.

Die Afrikaanse voelname is tog so mooi. Hy dink aan die Rooiruglewerik, die seldsame Witborskatakoerie en die Wimpelvlerknaguil. Die Saalbekooievaar op die droe rivierloop van die Limpopo.Die oulike Geelborskleinjantjie en vele meer.

Nuwerwetse tegnologie maak die identifikasie van voels natuurlik soveel makliker. 'n Man het begin met 'n verkyker( in sy geval die Lynx #44-1050) en 'n paar goeie boeke. Nou is daar die Sappi Voels van Suid-Afrika voelgids met sy klankleser.Laasgenoemde voeg 'n nuwe, unieke dimensie tot voelkyk toe. Die elektroniese apparaat speel die spesie se roep wanneer dit na die betrokke foto in die spesiebeskrywing gerig word.

Die Tabard en Peaceful Sleep houertjies netjies terug in die medisyne houertjie. Hopelik is die   muskiete suksesvol afgeweer. Malaria is nie elke man se maat nie.

Nou ja, more is nog 'n dag. Met 'n tevrede sug skakel hy die bedliggie af...hy weet darem nie of hy sommer sou toelaat dat 'n "crook" hom tart van bo-op 'n baken nie.



Thursday, 1 October 2015

Nog asseblief Mevrou



'n Berig oor die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria vang sy oog. Hy dink onwillekeurig terug aan sy Afrikaanse taalonderwyser op hoerskool, ou Driesse. Hy en sy klasmaats praat nou nog oor ou Ysbeer, soos sy bynaam geheet het.

 Hulle was in standerd 7 toe hy die verskil tussen "etimologie"en "entomologie" verduidelik het. Sy passie was juis etimologie, die studie van die herkoms van woorde.
Sy definisie van entomologie of te wel die studie van die herkoms van insekte het gelei tot sy uitlegging van die begrip van plagiarisme.'n Nobelpryswenner, die Belg Maurice Maeterlinck, het beweerdelik in 1926 plagiaat gepleeg toe hy La Vie des Termites( The Life of Termites of The Life of White Ants) gepubliseer het.Eugene Marais het vroeer Die Siel van die Mier die lig laat sien en groot dele daarvan is klaarblyklik net so deur Maeterlinck gebruik, sonder om erkenning aan sy bron te gee.

Terug na die hede .Mev. Potjierol het laat val dat daar vanaand wildsvleis, potbrood en pampoen geeet word...pure Karoo! Dit gaan moeilik wees om nie 'n tweede porsie te skep nie. Ai, hoe moet ons held dan sy buurt gaan patrolleer op 'n vol maag.

Hy weet wat hy gaan doen...in sy kar klim en die Flamingo Lounge in Stormvoel besoek. 'n Kollega se dogter en die se kerel is die naweek deur 'n paar getatoeerde bullebakke rondgepluk en verneder. Iemand gaan vanaand hard gebliksem word, en daarvoor het hy nie die pistole en kevlarbaadjie nodig nie.

Maar eers...Mev. Potjierol en haar smullekker Karookos.