Ons held het nog altyd 'n ding vir maskers gehad. Seker die dat hy kleintyd stoeihelde aanbid het, veral die gemaskerdes. En daar was vele...
In die veertigerjare was daar Johannes van der Walt. Sy naam is uitgebeitel in die sportgeskiedenis van Suid-Afrika..
Hy was die beroemde stoeier wat onder die skuilnaam van Die Gemaskerde Wonder later ʼn nasionale held geword het, wat die verbeelding aangegryp het soos nooit tevore nie. Hy het vanweë sy krag maar veral met sy volstruisskop, baie roem verwerf.
Toeskouers het in hulle duisende na die stoeikryt gestroom en die sportsoort het ʼn hoogtepunt in Suid-Afrika bereik.
Na 51 gevegte, waarvan hy net 3 verloor het, is die Gemaskerde Wonder in November 1935 vrywillig ontmasker nadat daar nie aan die uitdruklike voorwaarde – dat hy met twee valle teen nul geklop moes word – voldoen kon word nie.
En dan die gemaskerde Wilde Man van die Kalahari in die vyftiger- en sestigerjare.Dit was natuurlik Martiens Jacobs.
Frikkie Alberts het die tradisie voortgesit in die sestigs, onder die skuilnaam van Vrystaat.'n Koerantman het op 'n keer gewonder hoe ’n mens ’n paar blomkoolore in ’n rugbyoond kry. "Ek wonder nie meer nie – nie nadat Suid-Afrika se nuutste gemaskerde stoeier, Vrystaat, my harspan tussen sy kortrib en dik gespierde arm vasgeknyp het nie!"
“Baie soos ’n bobbejaan met ’n groenmielie maak,” moes hy later van die spotters hoor.
Intussen het die burgermeester van Windhoek ook groot naam gemaak in die stoeikryt. Niemand het natuurlik besef dis hul eie burgermeester nie, want Die Suidwester het met 'n swart masker aan die manne se gal gewerk. Con Katzke se geheim was vir 'n tyd lank goed bewaar.
Maar sy groot held het nie 'n masker nodig gehad om die land se verbeelding aan te gryp nie.
"Jy val nou wel gereeld dat jou niere soos albasters in jou lyf skud, maar solank ek hou, gaan ek stoei.'' Só het Jan Wilkens pas ná hy beroepstoeier geword het, aan Die Burger gesê. Om vir 23 jaar aan meer as 3 000 swaargewiggevegte deel te neem, waarvan 45 om die wêreldtitel was en dié titel vier keer te herower, is sekerlik op die ou end nie goed vir enige man se gestel nie. Maar Jan het gehou en hy het kwalik een persent van al sy gevegte verloor. ``Die moeilikheid is dat ek in die laaste tyd ná 'n geveg net op my rug kan slaap. My sye en rugwerwels is só seer dat ek byna nie kan roer nie.'' Die sterkste man teen wie hy gestoei het? Jan het gereken dit was die ou met die naam King Kong Mosca. ``Dis nie dat hy so gróót was nie. Hy was kort en fris. Dié soort ou het mos nie 'n nek nie en jy kan hom nie eintlik in 'n ordentlike greep beetkry nie.'' Volgens Jan was Big John Stronbo die vuilste en John Quin die wetenskaplikste stoeier teen wie hy te staan gekom het. Wat was vir Jan Wilkens die hoogtepunt in sy stoeiloopbaan? ``Dit was die aand in Februarie 1971 toe ek teen my ou skoolheld, Percy Hall, om die ekstra-swaargewigtitel van Suid-Afrika gestoei en gewen het.'' Jan Wilkens het ook 'n laaste boodskap vir sy ondersteuners gehad. ``Hulle het my gedra. Veral die vroue. Jy weet vroue is ons beste klandisie. Hulle wil graag hê hulle mans moet soos die stoeiers wees en dis dié dat hulle ons só histeries aanpor.''Intussen het die burgermeester van Windhoek ook groot naam gemaak in die stoeikryt. Niemand het natuurlik besef dis hul eie burgermeester nie, want Die Suidwester het met 'n swart masker aan die manne se gal gewerk. Con Katzke se geheim was vir 'n tyd lank goed bewaar.
Maar sy groot held het nie 'n masker nodig gehad om die land se verbeelding aan te gryp nie.
Bull Hefer was een van die prominente promotors. Manie Maritz, Willie Liebenberg, Sam Cohen...so rol die name.
In die Kaap het hy in die ou Drill Hall, en later die Good Hope Centre stoeigevegte gaan kyk. Saam met Sakkie Maartens en Evelyn Ferreira. Ou tannies het Jan se opponente met hul handsakke getakel en op die skeidsregter (altyd die legendariese Andy Dell) geskel as hul voel hul Jan word seergemaak. Groot pret...'n man moes soms net koes of jy word deur so 'n verdwaalde handsak geskraap.
En nou? Nou gly hy snags self deur die donker stil strate van sy buurt. Gekleed in sy eie swart masker. Paraat en reg vir enige gebeurlikheid.Die burgers van Lynnwood kan rustig slaap.
Sal ons dan ooit Jan Wilkens se wingerdstok greep vergeet. Was daar dan nie ook 'n ene Apollo (gemaskerde yster)?
ReplyDelete