Tant Lettie se sopkombuis en depot vir ou klere en komberse vir die behoeftiges is 'n instelling in Pretoria-Wes. Die mense van Danville het dit nie breed nie, en sy is 'n steunpilaar van die gemeenskap,
Toe die woord kom dat sy hulp nodig is, dringend nodig is, laat ons held nie op hom wag nie. Hy was lanklaas in die geweste...Proesstraat en dan Boomstraat...lees hy die straatname. "Die Bek van Boomstraat"...was dit tog nie Kallie Knoetze se bynaam in sy swaargewig boksdae nie? Dan by Staatsartillerie Weg verby.
'n Motorfietsbende terroriseer Tant Lettie en die siele wat saans by haar kom aanklop vir ietsie warms..sou dit nou 'n koppie sop of 'n ou kombers wees.Dis blykbaar net lang hare, baarde, tatoeeermerke, kettings, ystervuiste(knuckle dusters) en messe, lang messe.
Sy plan om met die belhamel op die eerste motorfiets klaar te speel, werk soos 'n droom.Ta het nooit die dun ysterdraad gesien wat kophoogte oor die pad gespan was nie. Hy word met so 'n slag van die ou BSA Norton afgeruk dat hy op sy sitvlak in die pad te lande kom,,,die motorfiets kies sy eie koers die donker nag in. Hy dink eensklaps aan die slottoneel van die 1973 fliek, Electra Glide in Blue. Een van die slegte ouens trek los met 'n haelgeweer uit die agtervenster van 'n paneelwa en skiet die verkeerskonstabel los van sy Harley af. Die toneel speel in dorre Arizona af...die paneelwa verdwyn in die verte en Zipper(die poliesman)bly sterwend op die teerpad sit.
Nou ja,"you don't bring a knife to a gunfight"...die swaar bofbalkolf swaai en die 2de teertou se Nazi helmet trek van sy kop af. Sy wang en neus verbrysel deur die geweld van die hou.'n Roggel ontsnap uit sy keel...bloed spuit uit wat oorbly van sy neus...hy kruip skreeuend op die grond rond.
Twee plat, nog een om te gaan...die lafaard het genoeg gesien en probeer naarstigtelik sy motorfiets omdraai in 'n futiele poging om weg te kom.Te laat...'n plettervat soos 'n Mannetjies Roux van ouds, en hy maak ook hard met moeder aarde kennis. Ons held se gebalde vuiste klap een, twee, drie maal en die vent is droomland toe.
'n Koppie sop en snytjie bruin brood met botter en appelkooskonfyt dik gesmeer...Tant Lettie het aangedring, hy kon nie nee se nie. Haar dogter het met bewondering in haar oe die sop vir hom aangegee.Die kind het mooi geword. Blykbaar ook al geskei."Sal hy miskien weer kom kuier?" Hy voel die drang om haar nader te trek...stywe klinknaelbroek, stywer wit bloes, vol lippe...
Nee man...die adrenalien...toor met jou kop! Sy kon jou dogter gewees het! Skaam en verward mompel hy totsiens en vat die pad, terug na sy kamer in die losieshuis by Mevrou Potjierol.
So moet 'n klomp skobbejakke op hulle plek gesit word! Welgedaan.
ReplyDelete