Wat is dit met godsdiens?!
Die Katolieke het die massas vir eeue in die donker gehou.
Ketters is gebrand.
Die Kruistogte was maar net 'n verskoning vir 'n geroof en 'n geplunder.
Die sogenaamde "Troubles"in Noord-Ierland.
Die voortslepende konflik in die Midde-Ooste.
Die leiers van die NG kerk in ons eie land gedurende die Apartheidsjare.
Die lys nimmereindigend...en nou die hedendaagse vloek.
Radikale lapkoppe met hul eie interpretasie van die Koran.
Parys ontwaak vanoggend met die nuus dat ten minste 127 gisteraand oorlede is en nog 180 ernstig beseer. Die ernstigste terreurvoorval in Europa sedert Madrid 2004.
Bomontploffings by 5 verskillende plekke. Die Stade Francais en die Bataclan teater waar 1000 jong mense na 'n Amerikaanse rockgroep gaan luister het.
Familielede, vriende, kollegas...verward, droewig, kwaad... hoekom? Fok, Hoekom?!Drome le aan skerwe, families verskeur...die smart.
Ons held voel magteloos. Dis een ding om 'n houtkruis in Dracula se borskas te dryf of om 'n bullebak by Presleys op sy neus te laat kyk, maar hierdie gespuis...
Hierdie gepuis gaan ń lelike ding word
ReplyDelete