Thursday, 17 September 2015

Die Skim slaan toe!

Dit verprei soos 'n veldbrand op kampus! Vroegmore drawwers is verstom om die toneel gade te slaan. Vasgemaak aan die lamppaal. Amper komies, soos 'n lappop. Die gesig besmeer met droee bloed, oe verward.
 'n Kort afstand verder word die Asters van Asterhof begroet met die gesig van 'n figuur vasgemaak aan 'n asblik voor die Springbok Bar. Die plakkaat om sy nek lees "Kampus molesteerder". Die een se neus ooglopend vergruis met bloed vasgekoek op sy gesig, nek en bors. Die hemp aan flarde.
Dis amper 9 uur voor Kampusbeheer die ongelukkige twee uit hul ellende verlos en aan die Brooklynse polisie gaan oorhandig.
Ja, dit gons onder die studente...wie is die man agter dit als?

Terug op kantoor. Hy betrap homself dat hy doellose patrone trek met sy potlood op die skryfblok.
Iets pla hom...die intense, amper moordagtige emosie wat in hom opgewel het toe sy elmboog die vent se neus tref. Hy sidder, die smaak van geweld in sy mond.

Reg en regverdigheid moet seevier. Orde moet gehandhaaf word, maar 'n man moet oppas dat jy nie daal na die vlak van die gespuis nie.

Hy trek sy Hewlett Packard 12C sakrekenaar van 1992 nader. Daar is werk om afgehandel te word. Die stapel leers op sy lessenaar wag.

2 comments: