Tuesday, 22 September 2015

Quo Vadis

Terug op UP se kampus. Heerlike, soel aand. Roerloos onder die boom. Daar was toe geen verdere molestasies in die afgelope week nie. Hy knik tevrede.

Muggies en ander vlieende insekte speel in die ligkol van die straatlig. "Soos 'n mot na 'n kers". Ai, Afrikaans het darem mooi gesegdes en uitdrukkings.

Die taal is juis en van sy passies. Soos sport, die natuur en die rol wat hy saans vertolk. Nou ja, na die katastrofe teen die sogenaamde Brave Blossoms, besef hy weer eens hoe min plesier hy werklik uit rugby en krieket put.Die SA ondersteuners se gedrag jeens die Japanese na die wedstryd was darem 'n riem onder die hart.

Dis tyd om sy prioriteite in oenskou te neem. Betreffende sport sal dit Diamantliga atletiek, die Tour de France en die Barclays Premier League wees en basta met die res. Die lewe is te kort. Alhoewel, met Eddie Jones by sy geliefde Stormers...

Dan die natuur...Hy beplan juis 'n trip na Punda Maria in die noorde van die Wildtuin...voelwereld daai. Die telling in sy Sasol voelboek staan op 311. 'n Aantal van die voelsoorte wat jy daar verwag om te sien, kom nie verder suid voor nie.
En daar is soveel meer in die natuur. Sy kennis van die planteryk is so gebrekkig. Hy verbeel hom daar le 'n Canon Supershot in een van die laaie in sy kas. Dis net soveel moeite om weer te verstaan hoe al die funksies van die digitale kamera werk. Sal hy in 'n addisionele lens bele voor die besoek aan die Kruger? Albums van bome, plante en voels,,,ja, dis wat hy sal aanpak.

Vanaand sal hy weer bietjie deur die Groot Verseboek blaai. " 'n Bloemlesing uit die Afrikaanse Poesie. DJ Opperman. Derde Druk, Hersien en Uitgebrei. 1953. " Al die groot name. Hy dink aan sy skooldae. Enigste gedig wat hy maar altyd voorgdra het was "Winternag" .  Die Ingelse het die uitdrukking " flawed genius". Was seker van toepassing op Eugene Marais.

Die stilte was goed vir ons Held. Nou het hy weer 'n plan vorentoe. Geruisloos terug na sy beskeie kamertjie by Mev. Potjierol. More is nog 'n dag.

No comments:

Post a Comment