Wednesday, 30 September 2015

I love the smell of napalm in the morning

"I love the smell of napalm in the morning". Robert Duvall in Apocalypse Now(1979). Gebaseer op Joseph Conrad se Heart of Darkness. Hoe bisar was die toneel tog nie...bomme wat ontplof, vlamme orals, en in die voorgrond ry die troepe branderplank! Francis Ford Coppolla het, onder andere,blykbaar so gesukkel met Marlon Brando(hy kon nie sy lyne onthou nie) dat hy meer as 40 kg afgeskud het.En dan natuurlik The Doors se wonderlike musiek as deel van die klankbaan. Coppolla het seker vir ons probeer wys dat ongeag die (somtyds) dramatiese gebeure om ons, gaan die alledaagse nog steeds voort.

Hy bekyk die loop van sy geliefde pistool. Lappies, olie, borseltjies uitgesprei op die tafelblad voor hom. Noukeurig, amper liefderyk word elke komponent van die wapen skoongemaak.Die proses word herhaal met die 2de pistool. Hy besef meteens  waarom hy aan die spesifieke greep uit die rolprent gedink het...hier sit hy met 'n dodelike wapen in sy hand wat iemand se lewe in 'n oogwi
nk kan beeindig.Terselfdertyd is daar die klein, onbenullige dingetjies ... skurwe, gebarste hakskene van hardloop.Hy kort Lennon se Heel Balm room. Asook skeermeslemmetjies...vervlaks maar die goed is duur.

Lemmetjies...snaaks hoe 'n mens se gedagtes kan rondspring. Hy was destyds in die katkisasieklas by die Tafelberg NG gemeente in Kaapstad. Dr. Koot Vorster, broer van die destydse Eerste Minister(Adv JB Vorster) was die dominee. 'n Vername man in daardie dae...ook Moderator van die Algemene Sinode. Die ouer mense het gefluister van 'n lemmetjiefabriek wat deur 'n paar broers op die been gebring is en toe nie die paal gehaal het nie. Dr Koot was glo ook 'n belegger.

Nou ja...die brunette het toe nie haar opwagting gemaak by Seattle nie, Hy sal maar geduldig moet wees...




1 comment:

  1. Apoculypse Now was Steve Boyum se eerste film gewees. Steve was ń 'Big wave surfer' van Hawai en Coppolla het hom en ń paar pêlle gekry om in daai tonele branderplank te ry in die agtergrond. 36 yaar later het ek die voorreg om gereeld met Steve te werk as regiseur op die TV reeks Black Sails

    ReplyDelete