"Eskom has met the country's electricity demand while operating and maintaining its generation fleet in a substantial manner for more than three weeks."
Die buurt is saans belig - ten minste kan ons held meer slaap kry,oefen en by 'n paar ander agtergeblewe goedjies uitkom.
Hy tel sy bybel op en 'n kaartjie met 'n bybelversie val uit. Matth. 6:8 "U Vader weet wat u van node het." Dit was 'n gebruik om sulke kaartjies vir mekaar te gee. Agterop in verblykte ink: Johanna, merk hierdie versie en glo dit. Oom Anton. 21.3.45. Johanna was sy ma, Wonder wie oom Anton was?
Nou by die werk, Soos gewoonlik eerste op kantoor.
Die ontvangsdame met die hoe polvye, stywe bloesies en te rooi lippe sal seker netnou wil weet waar die swelsel aan sy kakebeen vandaan kom.Dit raak 'n tameletjie. Met hoeveel verskonings kan 'n vent nou vorendag kom?
Daar hoor hy Mev. Bessie Alberts inkom.Sy met haar alewige galhoofpyne! Een kyk na haar kosblik is genoeg om die sooibrand te laat opstuwe. Sy eet waaragtig soos 'n vlugteling.
Sug, en dan ou Flenters Ferreira met die afdraandgesig soos 'n hartseer spook.Wie dra vandag nog Hush Puppie skoene. Jy sou sweer hy werk nog by Volkskas.
Sy gedagtes laat hom skuldig voel...daar is genoeg werk op sy lessenaar om hom goed besig te hou.
Die tyd sal wel verbyglip, en dan kan hy weer 'n slag die strate van sy buurt aapak. Hy glimlag korstondig...as sy kollegas maar geweet het.
Ek vrek oor die naam Flenters Ferreira en afdraandgesig sĂȘ so baie. 'n Hele paar afdraandgesigte het uit my geheue verrys by die lees vam jou slimmighede...
ReplyDelete