Ja, ou Staal. Die manne het destyds gespot...Die Vredefort-krater is nie deur 'n meteoriet gemaak nie, dit was Staal wat sy voet neergesit het!
Vanaand wag 'n nuwe uitdaging. Hy sal vroeer eet, bietjie rus en dan gereed wees.
Grabouw boerewors , kapokaartappels, ertjies en 'n slaatjie met bietjie beet in. Mev. Potjierol sorg inderdaad goed vir hom. Hmm.
Asterhof, Klaradyn, Jasmyn, Madelief, Magrietjie, Nerina en Katjiepiering. Die name van die dameskoshuise van UP. klink soos die uit 'n vergange era. Hy dink terug aan sy dae op Maties. Daar was ook 'n Nerina dameskoshuis.
Die Tukkie kampus is onlangs deur 'n paar voorvalle, waar damestudente laataand gemolesteer is,geskud. En dit ten spyte van die nabyheid van die Brooklyn Polisiestasie. Die woord sal tog gou versprei as 'n paar van die skobbejakke vanaand hul rieme styfloop.
'n Paar wolkies skuif voor die sekelmaan verby. Hy leun teen die growwe stam van die boom. Verbygaande voetgangers sal nie bewus wees van die stil, donker figuur nie.
Dan sien hy hom...skaars 20 meter weg, gehurk agter 'n klein Toyota Etios.Die man verskuif sy voete...'n jong studentjie nader die voertuig, selfoon teen haar oor vasgeknyp.
Ons held voel hoe sy spiere saamtrek, asemhaling toeneem, kneukels wit span om die kort staf in sy hand.
Nou!
Vat so jou booswig! Ek sien prentjies uit foto-boekies van die jare her by die lees van die Skim se manewales. Doe so voort! Ons kan almal doen met 'n goeie skoot nostalgie...
ReplyDelete