'n Versigtige slukkie van die Seattle koffie. Tot sy teleurstelling was die brunette nie daar toe hy sy koffie gaan kry het nie. Ai, verspeelde kanse.
Die groen en goud van ondersteuners se rugbytruie was opmerklik. Kan dit wees dat die toernooi vanaand afskop? Hy het nog nooit so lou en onbetrokke gevoel op die vooraand van die skouspel nie.
Die vet weet, ons mense het 'n oorwinning sou nodiger as wat ons dit in 1995 gehad het. Oulike stukkie wat Dana Snyman op facebook gepen het. Hy het darem 'n manier om 'n ding te se.
Sy gedagtes dwaal...Piet Spiere du Toit, oupa van Pieter-Steph du Toit. Die Bolandse voorryman se krag was legendaries. So ook Andy McDonald van 1965 faam. Hy het 'n leeu destyds in Zambie (toe nog Noord- Rhodesie) getakel en die voorval oorleef.
Hy dwaal verder...Hennie (Windhond) Muller se 1952 toerspan...44-0 ten Skotland op Murrayfield. Doc Craven wat Suid-Afrika in 4 verskillende posisies op die toetsveld veteenwoordig het, asook die eerste skrumskakel wat die duikaangee gebruik het.
'n Huiwerige klop aan sy deur onderbreek sy gedagtegang. Wat wil Flenters Ferreira tog nou weer he? Hy sal nie 'n enkele losskrum onder die stewels van 'n verwoede All Blackpak oorleef het nie.
"Ja, goed so, ek sal onmiddellik daaraan aandag gee" hoor hy homself se.
Is dit te veel gevra om vir 'n oorwinning in hierdie Wereldbeker te hoop?
Hoop Die Skim het darem af en toe tyd om 'n game te kyk
ReplyDelete