Die Woollies sop en graan-vrye "broodjie"van Lifebake klaar. Bevat nou wel feitlik geen koolhidrate in, maar die goed sit in jou tande vas. Onooglik! Die harde groen appel kom nou handig te pas.
Hy trek sy kantoordeur toe. Sy 2de koffie van die dag wink. Seattle is gelukkig nie te ver nie.
Geduldig in die ry. "Tall skinny latte please" bestel die knaap voor hom.'n Gil klief deur die lug! Die sakkeroller is skaars by die deur uit, of ons held is op sy hakke. Twintig meter verder en die booswig maak hard met die aarde kennis. Ons held was nie verniet op sy dag bekend vir sy plettervatte op die rugbyveld nie! Die handsak 'n entjie verder op die sypaadjie.
"Ek kan u nie genoeg bedank nie." Die sagte stem bewerig van skok. Hy kyk op van sy posisie waar hy nog steeds die boef vaspen. Waar het hy die pragtige groen oe vantevore gesien? Met kloppende hart besef hy... die brunette met die skalkse glimlag! Kan dit wees?!
No comments:
Post a Comment