Met die maan wat so helder geskyn het, het hy nie probleme met slaggate gehad nie. Hy moet tog 'n plan maak om by Cape Union Mart uit te kom. Leo Lenser se H7R.2-koplamp klink na 'n goeie kopie. 160m-straal met wye-lens vir beligting van groter area. R999, ai, goed is net so deksels duur deesdae.
Hy het verbasend goed gevoel toe hy vanoggend wakker word. Die klanke van Johhny Cash vanuit die ou langspeelplaat terwyl hy afdroog na sy stortbad. Mens sou dit beswaarlik strelend kon noem, maar hy het darem 'n goeie stem gehad.
"Take one fresh and tender kiss
Add one stolen night of bliss
One girl
One boy
Some grief
Some joy
Memories are made of this."
Terug op kantoor. Hy hoor hoe werskaf Bessie Alberts in die kombuisie. Hy gril as hy dink aan al die oorskietkos wat sy na verlede Donderdag se Braaidag hier aangebring het. Genoeg om die hele personeel te voed. Flenters Ferreira was heel ingenome- hy is hoeka altyd aan die bedele. Die sot.
Hy moet onthou om sy hemp by Vanhout Droogskoonmakers te gaan optel gedurende sy etensuur. Die tante het die skeur hopelik mooi toegewerk. Hy het daardie sakkeroller darem behoorlik "getekkel" , net jammer sy hemp het in die slag gebly. Dis ook al amper 4 weke gelede.
Sy gedagtes dwaal na die brunette terwyl hy versigtig aan die swart rooibostee proe. Vandag is miskien net die dag dat sy besluit om weer haar "tall skinny latte"by Seattle te koop. Nou ja, die tyd staan ook nie stil nie...hy moet voorberei vir Vrydag se bestuursvergadering.
Sy gedagtes dwaal na die brunette terwyl hy versigtig aan die swart rooibostee proe. Vandag is miskien net die dag dat sy besluit om weer haar "tall skinny latte"by Seattle te koop. Nou ja, die tyd staan ook nie stil nie...hy moet voorberei vir Vrydag se bestuursvergadering.
Lyk dan vir my iemand anders het die Brunette "gesteel".
ReplyDelete