Hy rol die verbande af wat sy hande beskerm wanneer hy die swaar slaansak takel.'n Man voel darem goed na so 'n oefensessie. Vinnig stort, ligte aandete nuttig en dan 'n paar uur slaap. Hy wil net so voor middernag die buurt in.
Vanaand sal daar 'n sogenaamde supermaan wees. 13% groter en 30% helderder as die apogeum-maan, wanneer die maan wel op sy verste van die aarde is. Vanaand is dit juis op sy naaste, oftewel 55 000 km nader. Weens die gedeeltelike maansverduistering Maandag om 04:11 sal die maan 'n koperkleur he- merkwaardig.Wat die hele situasie nog interessanter maak is dat 'n gesamentlike supermaan en maansverduistering slegs elke 33 jaar voorkom. Ons held spandeer baie nagtelike ure. om sy buurt veilig te hou. Die doen en late van die hemelligame het hom nog altyd gefassineer.
Hy teug aan die waterbottel terwyl hy wag vir sy polsslag om af te neem. Ingedagte tel hy die koerantuitknipsel op wat onder sy voelboek uitsteek.
Die eerste bloeisels, almal ontvou
sonder die roepstem van piet-my-vrou.
Die drade is smorens blink en kaal,
verniet word hier gesoek na janfiskaal.
En as die daeraad deur sparbome loer,
wag ek tevergeefs op tortels wat moet
koer.
Die kleure van die kaapkanarie, die
loerie, kokkewiet:
lank gelede het ek die in die reenboog
sien verskiet.
Dis algar vreemde voels wat toesak op die
poel;
miskien is dit vir die swaels hier nog te koel.
Ook troos ek my daaraan: die rooibors-
kaffervink
het dalkies net vergeet om te kom water drink.
'n Ongepubliseerde gedig van PJ Philander, 'n boorling van die Overberg, wat besonderse aanklank by hom vind.
Polsslag terug op 56, Tyd om aan die gang te kom. "Dankie Mevrou, jou kos het vorentoe gesmaak." "Nog 'n koppie boeretroos Dolf? " Haar stem amper pleitend. "Nee dankie Mevrou, ek moet vanaand vroeg kooi toe." Met 'n blos op haar wange verdwyn sy na die kombuis.
Wat hou hierdie nag vir ons held in?
No comments:
Post a Comment