Wednesday, 25 November 2015

Die kat op die draad

"02:37" wys die alarm. Hy het weliswaar vroeg al lappe getrap, maar hoekom sukkel hy so om te slaap?
Nou tref dit hom...die verdomde elektriese heining!

Die een oomblik het hy Mev. Potjierol ...Alida... se nat lyf teen hom gevoel en die volgende klief die skel geluid van die alarm deur die aandlug.

Uit die swembad en kaalvoet deur die tuin. 'n Vinnige inspeksie van die draad rondom die perseel. Niks...seker weer 'n kat. Verdomp. Die atmosfeer daarmee heen...

Hy skakel die bedlampie aan. Smeer ingedagte room aan die skurwe,seer hakskeen. Hoekom altyd die linkerste voet? Sou sweer hy was kreupel, of is dit nou kruppel?

"Vat jou goed en trek Ferreira, Jannie met die hoepelbeen". Waar loop sy gedagtes nou rond?
 
"n Koppie Twinings Earl Grey en 'n stukkie van die beskuit wat hy gister gebak het. Dit help gewoonlik as 'n man so worstel om te slaap. Straks 'n blokkie of twee van die smullekker Lindt donker sjokolade met die seesout geur.

Genade, ook maar goed die geharde skobbejakke daar buite sien hom nie nou nie! 'n Voetroompie, Ingelse tee, beskuit wat hy self bak, fency donker sjokolade. Dit sal beswaarlik 'n boef se broek laat bewe.

Die ding met die Afrikaans by Maties pla hom. Breyten braak gal, Deon Meyer bekyk die debat vanuit 'n ander oogpunt. Wie weet werklik wat alles agter die skerms aangaan? Hy vermoed die regering van ons se toepassing/weerhouding van subsidies het miskien 'n rol te speel hier. Prof, Wim word miskien geforseer om die US se boeke te laat klop. Maar dan weer...hoekom moet ons altyd die een wees wat toegee? Basta daarmee, dis tyd dat ons 'n slag ons voet neersit.

Hy voel hoe sy ooglede swaar word. Die bedlampie af..hy wonder hoe sy more oggend gaan reageer as hulle mekaar in die ontbytkamer sou raakloop?




Saturday, 14 November 2015

Merde!

Wat is dit met godsdiens?!
Die Katolieke het die massas vir eeue in die donker gehou.
Ketters is gebrand.
Die Kruistogte was maar net 'n verskoning vir 'n geroof en 'n geplunder.
Die sogenaamde "Troubles"in Noord-Ierland.
Die voortslepende konflik in die Midde-Ooste.
Die leiers van die NG kerk in ons eie land gedurende die Apartheidsjare.
Die lys nimmereindigend...en nou die hedendaagse vloek.

Radikale lapkoppe met hul eie interpretasie van die Koran.

Parys ontwaak vanoggend met die nuus dat ten minste 127 gisteraand oorlede is en nog 180 ernstig beseer. Die ernstigste terreurvoorval in Europa sedert  Madrid 2004.
Bomontploffings by 5 verskillende plekke. Die Stade Francais en die Bataclan teater waar 1000 jong mense na 'n Amerikaanse rockgroep gaan luister het.

Familielede, vriende, kollegas...verward, droewig, kwaad... hoekom? Fok, Hoekom?!Drome le aan skerwe, families verskeur...die smart.

Ons held voel magteloos. Dis een ding om 'n houtkruis in Dracula se borskas te dryf of om 'n bullebak by Presleys op sy neus te laat kyk, maar hierdie gespuis...


Friday, 13 November 2015

In die sweet van jou aangesig...

Genesis 3;19. Dit voel omtrent so. Ons held staar na die draaiende plafon waaier,,amper hipnoties. Die interaksie met die flou lig van die bedlampie...skaduwees wat speel.

Oorle Jan Spies sou beweer het hy staan op sy rug...dakinspeksie.

Hopelik hou die versengende hitte van die afgelope tyd die booswigte ook by die huis .Geen mens kan dit uithou nie.

Laat hom dink aan 'n toneel uit 'n fliek waar die troep so op sy bed le...bruin frokkie...gespierde bolyf,,,"dog tags" om sy nek...erens in Vietnam.

Een voordeel van die hitte is dat dit die dames noodsaak om effens skrapser aan te trek. Hoe polvye by ontvangs veral, wat 'n lus vir die oog! Ongelukkig voel ou Bessie Alberts sy moet ook ietsie wys...ai...bo-arm lelle!

Dis seker nou al 4 maande sedert hy die Weigh Less brosjure op die koffietafel in die sitkamer opgemerk het. Die tyd vlieg. Mev. Potjierol het vanaand 'n koel somersnommertjie aangehad...sy het ooglopend Weigh Less se voorgestelde instruksies streng gevolg. Aitsa...'n man kan weer loer.

Verdomp,,,daar is die muskiet weer...hoekom is daar altyd een? Is hulle nie veronderstel om deur bewegende lug verdryf te word nie? Ou Kingsley met die baard kan maar 'n paar hier ook kom doodmaak.

20:50 op sy horlosie...dis nie te laat nie...hy gaan nou vir haar vra of sy sal omgee as hy die swembadjie gebruik. Sy sal sekerlik tog nie 'n probleem daarmee he nie? Net vinnig hemp aantrek...aag bogger dit. Sagte klop aan haar deur. "Naand Mevrou"...hy haak vas...sy staan in haar swembroek en japon..."jammer om jou so laat te steur, maar..." ..."ek is self juis nou op pad om af te koel, kom gerus saam".

Die maanlig verskaf genoeg lig om die paadjie na die poel te verlig. Dan is hulle in die water. Lafenis...heerlik! "Dolf, noem my gerus Alida, jy is altyd so formeel" "Ja, seker".Speelvol plas sy water in sy rigting.

Wat nou Skim?


Thursday, 5 November 2015

"That's Amore"

Stadig laat sak hy die stilus op die langspeelplaat. Die strelende klank van Jim Reeves se stem vul die klein vertrek. Hy soek deur die stapel plate...The Beatles, The Doors, Bob Dylan, Cream, Eric Clapton. Wat 'n era!

Nou na 'n kleiner stapeltjie...Maria Callas,Luciano Pavarotti, Jose Carreras, Montserrat Caballe, Catherine Jenkins. Kragtige stemme, almal.

Hy het nog altyd 'n voorliefde vir 'n "lead guitar"gehad, en sy versameling weerspieel dit. BB King, Buddy Guy, Stevie Ray Vaughan, "Slow Hand "Clapton, Joe Bonamassa en die huidige yster, Derek Trucks.Trucks en Susan Tedeschi se Tedeschi Trucks Band (natuurlik nou op CD) is sy huidige gunsteling.

Maar 'n man se smaak kan wyd loop. Van sentimentele Jim Reeves tot Julie Andrews in die onvergeetlike Sound of Music van 1965. Die Von Trapp familie met die immergroen Edelweis, My Favourite Things, Climb Every Mountain, Do-Re-Mi en die titel liedjie.
Jim Reeves se enigste rolprent het in Suid- Afrika afgespeel Die musiek komedie,Kimberley Jim, met Emil Noval as regisseur het 'n paar interessante karakters gehad. Mike Holt (bekende bokser) as "Punchy"" en Danny Pretorius as "Vonk de Ridder".Reeves is natuurlik tragies oorlede in 'n vliegtuigongeluk.

Nou Dean Martin se "That's Amore". Hy voel altoos lus om saam te sing. Wag, was dit die kraak van 'n vloerplank in die gang? Sy instink neem oor en oombliklik is hy aan die beweeg...
Versigtig stoot hy die deur op 'n skrefie...die gang is leeg, maar hy raak bewus van 'n bekende reuk. Die parfuum wat hy vir Mev. Potjierol op die lughawe gekoop het na sy eskapade met Count Dracula!
Dit was sy by die deur...so wragtig! Maar waarom...kan dit wees dat sy...nee, sekerlik tog nie?

Saggies maak hy die deur toe...vir 'n wyle leun hy met sy rug teen die deur. "Vergeet daarvan" prewel hy vir homself. More is nog 'n dag.
  

Die Skim geniet ook sy musiek!
Die Skim geniet 'n trom solo!
Die Skim sing 'n liedjie!
D

Wednesday, 28 October 2015

Nelsons, kopklemme,maskers en handsakke!



Ons held het nog altyd 'n ding vir maskers gehad. Seker die dat hy kleintyd stoeihelde aanbid het, veral die gemaskerdes. En daar was vele...

In die veertigerjare was daar Johannes van der Walt. Sy naam is uitgebeitel in die sportgeskiedenis van Suid-Afrika..
Hy was die beroemde stoeier wat onder die skuilnaam van Die Gemaskerde Wonder later ʼn nasionale held geword het, wat die verbeelding aangegryp het soos nooit tevore nie. Hy het vanweë sy krag maar veral met sy volstruisskop, baie roem verwerf.
Toeskouers het in hulle duisende na die stoeikryt gestroom en die sportsoort het ʼn hoogtepunt in Suid-Afrika bereik.
Na 51 gevegte, waarvan hy net 3 verloor het, is die Gemaskerde Wonder in November 1935 vrywillig ontmasker nadat daar nie aan die uitdruklike voorwaarde – dat hy met twee valle teen nul geklop moes word – voldoen kon word nie.

En dan die gemaskerde Wilde Man van die Kalahari in die vyftiger- en sestigerjare.Dit was natuurlik Martiens Jacobs.

Frikkie Alberts het die tradisie voortgesit in die sestigs, onder die skuilnaam van Vrystaat.'n Koerantman het op 'n keer gewonder hoe ’n mens ’n paar blomkoolore in ’n rugbyoond kry. "Ek wonder nie meer nie – nie nadat Suid-Afrika se nuutste gemaskerde stoeier, Vrystaat, my harspan tussen sy kortrib en dik gespierde arm vasgeknyp het nie!"
“Baie soos ’n bobbejaan met ’n groenmielie maak,” moes hy later van die spotters hoor.

Intussen het die burgermeester van Windhoek ook groot naam gemaak in die stoeikryt. Niemand het natuurlik besef dis hul eie burgermeester nie, want Die Suidwester het met 'n swart masker aan die manne se gal gewerk. Con Katzke se geheim was vir 'n tyd lank goed bewaar.

 Maar sy groot held het nie 'n masker nodig gehad om die land se verbeelding aan te gryp nie.
"Jy val nou wel gereeld dat jou niere soos albasters in jou lyf skud, maar solank ek hou, gaan ek stoei.'' Só het Jan Wilkens pas ná hy beroepstoeier geword het, aan Die Burger gesê. Om vir 23 jaar aan meer as 3 000 swaargewiggevegte deel te neem, waarvan 45 om die wêreldtitel was en dié titel vier keer te herower, is sekerlik op die ou end nie goed vir enige man se gestel nie. Maar Jan het gehou en hy het kwalik een persent van al sy gevegte verloor. ``Die moeilikheid is dat ek in die laaste tyd ná 'n geveg net op my rug kan slaap. My sye en rugwerwels is só seer dat ek byna nie kan roer nie.'' Die sterkste man teen wie hy gestoei het? Jan het gereken dit was die ou met die naam King Kong Mosca. ``Dis nie dat hy so gróót was nie. Hy was kort en fris. Dié soort ou het mos nie 'n nek nie en jy kan hom nie eintlik in 'n ordentlike greep beetkry nie.'' Volgens Jan was Big John Stronbo die vuilste en John Quin die wetenskaplikste stoeier teen wie hy te staan gekom het. Wat was vir Jan Wilkens die hoogtepunt in sy stoeiloopbaan? ``Dit was die aand in Februarie 1971 toe ek teen my ou skoolheld, Percy Hall, om die ekstra-swaargewigtitel van Suid-Afrika gestoei en gewen het.'' Jan Wilkens het ook 'n laaste boodskap vir sy ondersteuners gehad. ``Hulle het my gedra. Veral die vroue. Jy weet vroue is ons beste klandisie. Hulle wil graag hê hulle mans moet soos die stoeiers wees en dis dié dat hulle ons só histeries aanpor.''

Bull Hefer was een van die prominente promotors. Manie Maritz, Willie Liebenberg, Sam Cohen...so rol die name.

In die Kaap het hy in die ou Drill Hall, en later die Good Hope Centre stoeigevegte gaan kyk. Saam met Sakkie Maartens en Evelyn Ferreira. Ou tannies het Jan se opponente met hul handsakke getakel en op die skeidsregter (altyd die legendariese Andy Dell) geskel as hul voel hul Jan word seergemaak. Groot pret...'n man moes soms net koes of jy word deur so 'n verdwaalde handsak geskraap.

En nou? Nou gly hy snags self deur die donker stil strate van sy buurt. Gekleed in sy eie swart masker. Paraat en reg vir enige gebeurlikheid.Die burgers van Lynnwood kan rustig slaap.






 

Tuesday, 20 October 2015

Die vuiste klap in Danville,Pretoria-Wes

Tant Lettie se sopkombuis en depot vir ou klere en komberse vir die behoeftiges is 'n instelling in Pretoria-Wes. Die mense van Danville het dit nie breed nie, en sy is 'n steunpilaar van die gemeenskap,

Toe die woord kom dat sy hulp nodig is, dringend nodig is, laat ons held nie op hom wag nie. Hy was lanklaas in die geweste...Proesstraat en dan Boomstraat...lees hy die straatname. "Die Bek van Boomstraat"...was dit tog nie Kallie Knoetze se bynaam in sy swaargewig boksdae nie? Dan by Staatsartillerie Weg verby.

'n Motorfietsbende terroriseer Tant Lettie en die siele wat saans by haar kom aanklop vir ietsie warms..sou dit nou 'n koppie sop of 'n ou kombers wees.Dis blykbaar net lang hare, baarde, tatoeeermerke, kettings, ystervuiste(knuckle dusters) en messe, lang messe.

Sy plan om met die belhamel op die eerste motorfiets klaar te speel, werk soos 'n droom.Ta het nooit die dun ysterdraad gesien wat kophoogte oor die pad gespan was nie. Hy word met so 'n slag van die ou BSA Norton afgeruk dat hy op sy sitvlak in die pad te lande kom,,,die motorfiets kies sy eie koers  die donker nag in. Hy dink eensklaps aan die slottoneel van die 1973 fliek, Electra Glide in Blue. Een van die slegte ouens trek los met 'n haelgeweer uit die agtervenster van 'n paneelwa en skiet die verkeerskonstabel los van sy Harley af. Die toneel speel in dorre Arizona af...die paneelwa verdwyn in die verte en Zipper(die poliesman)bly sterwend op die teerpad sit.

Nou ja,"you don't bring a knife to a gunfight"...die swaar bofbalkolf swaai en die 2de teertou se Nazi helmet trek van sy kop af. Sy wang en neus verbrysel deur die geweld van die hou.'n Roggel ontsnap uit sy keel...bloed spuit uit wat oorbly van sy neus...hy kruip skreeuend op die grond rond.

Twee plat, nog een om te gaan...die lafaard het genoeg gesien en probeer naarstigtelik sy motorfiets omdraai in 'n futiele poging om weg te kom.Te laat...'n plettervat soos 'n Mannetjies Roux van ouds, en hy maak ook hard met moeder aarde kennis. Ons held se gebalde vuiste klap een, twee, drie maal en die vent is droomland toe.

'n Koppie sop en snytjie bruin brood met botter en appelkooskonfyt dik gesmeer...Tant Lettie het aangedring, hy kon nie nee se nie. Haar dogter het met bewondering in haar oe die sop vir hom aangegee.Die kind het mooi geword. Blykbaar ook al geskei."Sal hy miskien weer kom kuier?" Hy voel die drang om haar nader te trek...stywe klinknaelbroek, stywer wit bloes, vol lippe...

Nee man...die adrenalien...toor met jou kop! Sy kon jou dogter gewees het! Skaam en verward mompel hy totsiens en vat die pad, terug na sy kamer in die losieshuis by Mevrou Potjierol.








Tuesday, 13 October 2015

Crooks Corner!

Vesigtig sit hy die SASOL Voels van Suider-Afrika terug op sy plekkie in die boekrak. 27 nuwe spesies aangeteken gedurende sy besoek aan die Nasionale Krugerwildtuin.Wat 'n skat is dit nie. Weens President Paul Kruger se volgehoue pogings is die gebiede tussen die Sabie- en Krokodilriviere in 1898 tot die Sabiewildreservaat verklaar. Hieruit het die huidige Krugerwildtuin ontstaan.

Ons held se voelkyk stokperdjie het hom laat besluit op Punda Maria. Boomryk en veral bekend vir die ryke verskeidenheid van voelsoorte wat daar voorkom...En dan natuurlik ook die interessante geskiedenis van Crooks Corner.

"This triangular piece of land situated between the Luvuvhu and Limpopo rivers, is the most north easterly corner of the Old Transvaal(now Limpopo Province.)
Since 1913, the Luvuvhu river acted as the northern most boundary of the Kruger National Park, up to where it joined the mighty Limpopo river.
The Limpopo river was always the boundary between the Transvaal in South Africa and Southern Rhodesia (now called Zimbabwe.)
The confluence of the two rivers also formed a natural corner between the two countries and Portuguese East Africa(now called Mozambique.)
This area was one of the most remote areas of South Africa, only accessible via long, arduous wagon roads through thick bush and in very hot conditions.
Inevitably it became know as Crooks Corner as it was the home of ivory poachers, illegal black labour recruiters, gun runners and various other "shady"characters that had chosen the free life of buccaneers and outlaws.
At the corner where the rivers meet , there is a wonderfully useful beacon. To the east lay the Old Portuguese territory. To the north was Southern Rhodesia , to the west lay the Union of South Africa and to the south was the huge track of land that eventually became the Kruger National Park.
Now, if the long arm of the law started to catch up with any outlaw, all they needed to do was to remember the beacon, and if you were on the opposite side of the beacon the law could not reach you for fear of violating an international boundary.
Even if lawmen from three different countries arrived at the same time, you could also sit on top of the beacon and watch the lawmen fight over who takes you into custody. and this is how the crooks of Crooks Corner managed to live long and healthy lives."

So lees die gedenksteen by die parkeerarea.

Die Afrikaanse voelname is tog so mooi. Hy dink aan die Rooiruglewerik, die seldsame Witborskatakoerie en die Wimpelvlerknaguil. Die Saalbekooievaar op die droe rivierloop van die Limpopo.Die oulike Geelborskleinjantjie en vele meer.

Nuwerwetse tegnologie maak die identifikasie van voels natuurlik soveel makliker. 'n Man het begin met 'n verkyker( in sy geval die Lynx #44-1050) en 'n paar goeie boeke. Nou is daar die Sappi Voels van Suid-Afrika voelgids met sy klankleser.Laasgenoemde voeg 'n nuwe, unieke dimensie tot voelkyk toe. Die elektroniese apparaat speel die spesie se roep wanneer dit na die betrokke foto in die spesiebeskrywing gerig word.

Die Tabard en Peaceful Sleep houertjies netjies terug in die medisyne houertjie. Hopelik is die   muskiete suksesvol afgeweer. Malaria is nie elke man se maat nie.

Nou ja, more is nog 'n dag. Met 'n tevrede sug skakel hy die bedliggie af...hy weet darem nie of hy sommer sou toelaat dat 'n "crook" hom tart van bo-op 'n baken nie.



Thursday, 1 October 2015

Nog asseblief Mevrou



'n Berig oor die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria vang sy oog. Hy dink onwillekeurig terug aan sy Afrikaanse taalonderwyser op hoerskool, ou Driesse. Hy en sy klasmaats praat nou nog oor ou Ysbeer, soos sy bynaam geheet het.

 Hulle was in standerd 7 toe hy die verskil tussen "etimologie"en "entomologie" verduidelik het. Sy passie was juis etimologie, die studie van die herkoms van woorde.
Sy definisie van entomologie of te wel die studie van die herkoms van insekte het gelei tot sy uitlegging van die begrip van plagiarisme.'n Nobelpryswenner, die Belg Maurice Maeterlinck, het beweerdelik in 1926 plagiaat gepleeg toe hy La Vie des Termites( The Life of Termites of The Life of White Ants) gepubliseer het.Eugene Marais het vroeer Die Siel van die Mier die lig laat sien en groot dele daarvan is klaarblyklik net so deur Maeterlinck gebruik, sonder om erkenning aan sy bron te gee.

Terug na die hede .Mev. Potjierol het laat val dat daar vanaand wildsvleis, potbrood en pampoen geeet word...pure Karoo! Dit gaan moeilik wees om nie 'n tweede porsie te skep nie. Ai, hoe moet ons held dan sy buurt gaan patrolleer op 'n vol maag.

Hy weet wat hy gaan doen...in sy kar klim en die Flamingo Lounge in Stormvoel besoek. 'n Kollega se dogter en die se kerel is die naweek deur 'n paar getatoeerde bullebakke rondgepluk en verneder. Iemand gaan vanaand hard gebliksem word, en daarvoor het hy nie die pistole en kevlarbaadjie nodig nie.

Maar eers...Mev. Potjierol en haar smullekker Karookos.

Wednesday, 30 September 2015

I love the smell of napalm in the morning

"I love the smell of napalm in the morning". Robert Duvall in Apocalypse Now(1979). Gebaseer op Joseph Conrad se Heart of Darkness. Hoe bisar was die toneel tog nie...bomme wat ontplof, vlamme orals, en in die voorgrond ry die troepe branderplank! Francis Ford Coppolla het, onder andere,blykbaar so gesukkel met Marlon Brando(hy kon nie sy lyne onthou nie) dat hy meer as 40 kg afgeskud het.En dan natuurlik The Doors se wonderlike musiek as deel van die klankbaan. Coppolla het seker vir ons probeer wys dat ongeag die (somtyds) dramatiese gebeure om ons, gaan die alledaagse nog steeds voort.

Hy bekyk die loop van sy geliefde pistool. Lappies, olie, borseltjies uitgesprei op die tafelblad voor hom. Noukeurig, amper liefderyk word elke komponent van die wapen skoongemaak.Die proses word herhaal met die 2de pistool. Hy besef meteens  waarom hy aan die spesifieke greep uit die rolprent gedink het...hier sit hy met 'n dodelike wapen in sy hand wat iemand se lewe in 'n oogwi
nk kan beeindig.Terselfdertyd is daar die klein, onbenullige dingetjies ... skurwe, gebarste hakskene van hardloop.Hy kort Lennon se Heel Balm room. Asook skeermeslemmetjies...vervlaks maar die goed is duur.

Lemmetjies...snaaks hoe 'n mens se gedagtes kan rondspring. Hy was destyds in die katkisasieklas by die Tafelberg NG gemeente in Kaapstad. Dr. Koot Vorster, broer van die destydse Eerste Minister(Adv JB Vorster) was die dominee. 'n Vername man in daardie dae...ook Moderator van die Algemene Sinode. Die ouer mense het gefluister van 'n lemmetjiefabriek wat deur 'n paar broers op die been gebring is en toe nie die paal gehaal het nie. Dr Koot was glo ook 'n belegger.

Nou ja...die brunette het toe nie haar opwagting gemaak by Seattle nie, Hy sal maar geduldig moet wees...




Tuesday, 29 September 2015

Memories are made of this



Met die maan wat so helder geskyn het, het hy nie probleme met slaggate gehad nie. Hy moet tog 'n plan maak om by Cape Union Mart uit te kom. Leo Lenser se H7R.2-koplamp klink na 'n goeie kopie. 160m-straal met wye-lens vir beligting van groter area. R999, ai, goed is net so deksels duur deesdae.

Hy het verbasend goed gevoel toe hy vanoggend wakker word. Die klanke van Johhny Cash vanuit die ou langspeelplaat terwyl hy afdroog na sy stortbad. Mens sou dit beswaarlik strelend kon noem, maar hy het darem 'n goeie stem gehad. 

"Take one fresh and tender kiss
 Add one stolen night of bliss
 One girl
 One boy
 Some grief
 Some joy

 Memories are made of this."

Terug op kantoor. Hy hoor hoe werskaf Bessie Alberts in die kombuisie. Hy gril as hy dink aan al die oorskietkos wat sy na verlede Donderdag se  Braaidag hier aangebring het. Genoeg om die hele personeel te voed. Flenters Ferreira was heel ingenome- hy is hoeka altyd aan die bedele. Die sot.

Hy moet onthou om sy hemp by Vanhout Droogskoonmakers te gaan optel gedurende sy etensuur. Die tante het die skeur hopelik mooi toegewerk. Hy het daardie sakkeroller darem behoorlik  "getekkel" , net jammer sy hemp het in die slag gebly. Dis ook al amper 4 weke gelede.

Sy gedagtes dwaal na die brunette terwyl hy versigtig aan die swart rooibostee proe. Vandag is miskien net die dag dat sy besluit om weer haar "tall skinny latte"by Seattle te koop. Nou ja, die tyd staan ook nie stil nie...hy moet voorberei vir Vrydag se bestuursvergadering.







Sunday, 27 September 2015

'n Supermaan en 'n bloedmaan

Hy rol die verbande af wat sy hande beskerm wanneer hy die swaar slaansak takel.'n Man voel darem goed na so 'n oefensessie. Vinnig stort, ligte aandete nuttig en dan 'n paar uur slaap. Hy wil net so voor middernag die buurt in.

Vanaand sal daar 'n sogenaamde supermaan wees. 13% groter en 30% helderder as die apogeum-maan, wanneer die maan wel op sy verste van die aarde is. Vanaand is dit juis op sy naaste, oftewel 55 000 km nader. Weens die gedeeltelike maansverduistering Maandag om 04:11 sal die maan 'n koperkleur he- merkwaardig.Wat die hele situasie nog interessanter maak is dat 'n gesamentlike supermaan en maansverduistering slegs elke 33 jaar voorkom. Ons held spandeer baie nagtelike ure. om sy buurt veilig te hou. Die doen en late van die hemelligame het hom nog altyd gefassineer.

Hy teug aan die waterbottel terwyl hy wag vir sy polsslag om af te neem. Ingedagte tel hy die koerantuitknipsel op wat onder sy voelboek uitsteek.

Die eerste bloeisels, almal ontvou
sonder die roepstem van piet-my-vrou.

Die drade is smorens blink en kaal,
verniet word hier gesoek na janfiskaal.

En as die daeraad deur sparbome loer,
wag ek tevergeefs op tortels wat moet
koer.

Die kleure van die kaapkanarie, die
loerie, kokkewiet:
lank gelede het ek die in die reenboog
sien verskiet.

Dis algar vreemde voels wat toesak op die
poel;
miskien is dit vir die swaels hier nog te koel.

Ook troos ek my daaraan: die rooibors-
kaffervink
het dalkies net vergeet om te kom water drink.

'n Ongepubliseerde gedig van PJ Philander, 'n boorling van die Overberg, wat besonderse aanklank by hom vind.

Polsslag terug op 56, Tyd om aan die gang te kom. "Dankie Mevrou, jou kos het vorentoe gesmaak." "Nog 'n koppie boeretroos Dolf? " Haar stem amper pleitend. "Nee dankie Mevrou, ek moet vanaand vroeg kooi toe." Met 'n blos op haar wange verdwyn sy na die kombuis.

Wat hou hierdie nag vir ons held in?







Wednesday, 23 September 2015

Koekemakranka!

"I love it when a plan comes together!" Wyle George Peppard, as Colonel John Hannibal Smith van The A-Team-faam se gunsteling gesegde.

Die liefde vir die taal en die liefde vir die natuur.

"Ooo..koekemakranka!!! "hoeveel keer het hy al die gesegde gehoor as daar 'n klein foutjie ingesluip het in ons doen en late. Pragtig, maar hy het nog nooit geweet van waar nie.

Gethyllis, van die bolplantfamilie. Of koekemakranka in die volksmond.

Dit word onder andere in brandewyn gebruik vir ekstra geur en smaak. Die vrugte word verder ook gebruik in die vervaardiging van lugverfrissers. En dan gebruik die Koisan dit vir maagkrampe en ook parfuum.

 Die taal en die natuur is goed vir sy siel. Nou vir die fisiese. Tyd om vanaand weer die slaansak met mening te takel. Noudat die probleem op UP se kampus aangespreek is, kan hy die strate van sy buurt weer met hernude ywer aanvat.



Tuesday, 22 September 2015

Quo Vadis

Terug op UP se kampus. Heerlike, soel aand. Roerloos onder die boom. Daar was toe geen verdere molestasies in die afgelope week nie. Hy knik tevrede.

Muggies en ander vlieende insekte speel in die ligkol van die straatlig. "Soos 'n mot na 'n kers". Ai, Afrikaans het darem mooi gesegdes en uitdrukkings.

Die taal is juis en van sy passies. Soos sport, die natuur en die rol wat hy saans vertolk. Nou ja, na die katastrofe teen die sogenaamde Brave Blossoms, besef hy weer eens hoe min plesier hy werklik uit rugby en krieket put.Die SA ondersteuners se gedrag jeens die Japanese na die wedstryd was darem 'n riem onder die hart.

Dis tyd om sy prioriteite in oenskou te neem. Betreffende sport sal dit Diamantliga atletiek, die Tour de France en die Barclays Premier League wees en basta met die res. Die lewe is te kort. Alhoewel, met Eddie Jones by sy geliefde Stormers...

Dan die natuur...Hy beplan juis 'n trip na Punda Maria in die noorde van die Wildtuin...voelwereld daai. Die telling in sy Sasol voelboek staan op 311. 'n Aantal van die voelsoorte wat jy daar verwag om te sien, kom nie verder suid voor nie.
En daar is soveel meer in die natuur. Sy kennis van die planteryk is so gebrekkig. Hy verbeel hom daar le 'n Canon Supershot in een van die laaie in sy kas. Dis net soveel moeite om weer te verstaan hoe al die funksies van die digitale kamera werk. Sal hy in 'n addisionele lens bele voor die besoek aan die Kruger? Albums van bome, plante en voels,,,ja, dis wat hy sal aanpak.

Vanaand sal hy weer bietjie deur die Groot Verseboek blaai. " 'n Bloemlesing uit die Afrikaanse Poesie. DJ Opperman. Derde Druk, Hersien en Uitgebrei. 1953. " Al die groot name. Hy dink aan sy skooldae. Enigste gedig wat hy maar altyd voorgdra het was "Winternag" .  Die Ingelse het die uitdrukking " flawed genius". Was seker van toepassing op Eugene Marais.

Die stilte was goed vir ons Held. Nou het hy weer 'n plan vorentoe. Geruisloos terug na sy beskeie kamertjie by Mev. Potjierol. More is nog 'n dag.

Monday, 21 September 2015

Japanese Blossoms

Max Boyce MBE, bekende Walliese komediant en sanger,was destyds bekend vir die liedjie nadat Japan vir die eerste keer in Wallis getoer het. Dit was in 1983.

Lyrics of the song Asso Asso Yogoshi:
We play wales is Lugby 
Tower! It long way from Tokyo 
Learn Cwmrhondaa if we 
can,! Teach to little Chilan, in Japan 

[Chorus] Asso Asso Yugoshi, my welsh speaking Japanese! 

In Penyglaeg we play first game, 
Papers not to say we balme, 
Papers say we last class not 
Just not used to 5ft grass! 

Asso Asso Yugoshi, welsh me speaking Japanese 
Western Mail Say That we too small, 
We can not get no ball at all! 
goal we eat bamboo shoots to grow, 
Fit platform boots o second row! 

Asso Asso Yugoshi, my welsh speaking Japanese 

goal we build big new factories, 
Filled with plastic surgeries. 
Next time we come you no laugh 
We-have 9ft outside half! 
Asso Asso Yugoshi, Japanese speakig welsh me! 

Next time we come from Japan 
We'll vely vely-have seclet Plan 
Seclet plane, man we can not wait 
Kung Fu we trained to be number 8! 

Asso Asso Yugoshi welsh me speaking Japanese! 

Tommy David, he very big man 
None like him out in Japan! 
Aim When We found, We Could not Stop 
We gived _him_ (click) Karate Chop! 

Asso Asso Yugoshi, welsh me speaking Japanese! 

When we lost we About did not floun 
Geisha Girls wll lub us down 
Gareth Edwards Asked me please 
Next time can he play for Japanese! 

Asso Asso Yugoshi me welsh speaking Japanese! 


Ja, nou spot ons nie meer met hulle rugbyspelers nie.



Friday, 18 September 2015

Rugbykoors?

'n Versigtige slukkie van die Seattle koffie. Tot sy teleurstelling was die brunette nie daar toe hy sy koffie gaan kry het nie. Ai, verspeelde kanse.

Die groen en goud van ondersteuners se rugbytruie was opmerklik. Kan dit wees dat die toernooi vanaand afskop? Hy het nog nooit so lou en onbetrokke gevoel op die vooraand van die skouspel nie.

Die vet weet, ons mense het 'n oorwinning sou nodiger as wat ons dit in 1995 gehad het. Oulike stukkie wat Dana Snyman op facebook gepen het. Hy het darem 'n manier om 'n ding te se.

Sy gedagtes dwaal...Piet Spiere du Toit, oupa van Pieter-Steph du Toit. Die Bolandse voorryman se krag was legendaries. So ook Andy McDonald van 1965 faam. Hy het 'n leeu destyds in Zambie (toe nog Noord- Rhodesie) getakel en die voorval oorleef.

Hy dwaal verder...Hennie (Windhond) Muller se 1952 toerspan...44-0 ten Skotland op Murrayfield. Doc Craven wat Suid-Afrika in 4 verskillende posisies op die toetsveld veteenwoordig het, asook die eerste skrumskakel wat die duikaangee gebruik het.

'n Huiwerige klop aan sy deur onderbreek sy gedagtegang. Wat wil Flenters Ferreira tog nou weer he? Hy sal nie 'n enkele losskrum onder die stewels van 'n verwoede All Blackpak oorleef het nie.

"Ja, goed so, ek sal onmiddellik daaraan aandag gee" hoor hy homself se.

Is dit te veel gevra om vir 'n oorwinning in hierdie Wereldbeker te hoop?
















Thursday, 17 September 2015

Die Skim slaan toe!

Dit verprei soos 'n veldbrand op kampus! Vroegmore drawwers is verstom om die toneel gade te slaan. Vasgemaak aan die lamppaal. Amper komies, soos 'n lappop. Die gesig besmeer met droee bloed, oe verward.
 'n Kort afstand verder word die Asters van Asterhof begroet met die gesig van 'n figuur vasgemaak aan 'n asblik voor die Springbok Bar. Die plakkaat om sy nek lees "Kampus molesteerder". Die een se neus ooglopend vergruis met bloed vasgekoek op sy gesig, nek en bors. Die hemp aan flarde.
Dis amper 9 uur voor Kampusbeheer die ongelukkige twee uit hul ellende verlos en aan die Brooklynse polisie gaan oorhandig.
Ja, dit gons onder die studente...wie is die man agter dit als?

Terug op kantoor. Hy betrap homself dat hy doellose patrone trek met sy potlood op die skryfblok.
Iets pla hom...die intense, amper moordagtige emosie wat in hom opgewel het toe sy elmboog die vent se neus tref. Hy sidder, die smaak van geweld in sy mond.

Reg en regverdigheid moet seevier. Orde moet gehandhaaf word, maar 'n man moet oppas dat jy nie daal na die vlak van die gespuis nie.

Hy trek sy Hewlett Packard 12C sakrekenaar van 1992 nader. Daar is werk om afgehandel te word. Die stapel leers op sy lessenaar wag.

Tuesday, 15 September 2015

Terug op kampus

Ja, ou Staal. Die manne het destyds gespot...Die Vredefort-krater is nie deur 'n meteoriet gemaak nie, dit was Staal wat sy voet neergesit het!
Vanaand wag 'n nuwe uitdaging. Hy sal vroeer eet, bietjie rus en dan gereed wees.
Grabouw boerewors , kapokaartappels, ertjies en 'n slaatjie met bietjie beet in. Mev. Potjierol sorg inderdaad goed vir hom. Hmm.
Asterhof, Klaradyn, Jasmyn, Madelief, Magrietjie, Nerina en Katjiepiering. Die name van die dameskoshuise van UP. klink soos die uit 'n vergange era. Hy dink terug aan sy dae op Maties. Daar was ook 'n Nerina dameskoshuis.
Die Tukkie kampus is onlangs deur 'n paar voorvalle, waar damestudente laataand gemolesteer is,geskud. En dit ten spyte van die nabyheid van die Brooklyn Polisiestasie. Die  woord sal tog gou versprei as 'n paar van die skobbejakke vanaand hul rieme styfloop.
'n Paar wolkies skuif voor die sekelmaan verby. Hy leun teen die growwe stam van die boom. Verbygaande voetgangers sal nie bewus wees van die stil, donker figuur nie.
Dan sien hy hom...skaars 20 meter weg, gehurk agter 'n klein Toyota Etios.Die man verskuif sy voete...'n jong studentjie nader die voertuig, selfoon teen haar oor vasgeknyp.
Ons held voel hoe sy spiere saamtrek, asemhaling toeneem, kneukels wit span om die kort staf in sy hand.
Nou!


Sunday, 13 September 2015

Nabetragting

"Ag, dis sommer niks" mompel ons held. Is dit 'n blos op haar wange, seker maar 'n gevolg van die skok.
Terug op kantoor. Hy is bly sy hande bewe nie, Hy hoop niemand het die petalje gade geslaan nie. Polvye by ontvangs is juis so nuuskierig.
Sal die brunette weer by Seatlle kom koffie koop, of sal sy nou afgeskrik wees? Sy werk heelwaarskynlik in die nabye omgewing. Hy is kwaad vir homself dat hy nie die geleentheid kon benut om meer uit te vis nie.
"Legendary athlete and coach John Short dies aged 86" lees die berig in die koerant. Ai, so verdwyn die groot geeste.
Gelukkig net 'n skeurtjie op die naat van sy hemp onder die armholte. Hy sal by Vanhout Droogskoonmakers moet inloer. Die tante daar is knap met haar naald en gare. Reg neffens Dr Leather and Mr Hyde waar hy laas vir Oscar Pistorius se pa gewaar het.
Hy wonder hoe sou Staal Burger die voorval hanteer het? Hy sou darem vir Vernon Koekemoer en Chuck Norris 'n ding of twee kon wys.

        

Friday, 4 September 2015

Kan dit sy wees?

Die Woollies sop en graan-vrye "broodjie"van Lifebake klaar. Bevat nou wel feitlik geen koolhidrate in, maar die goed sit in jou tande vas. Onooglik! Die harde groen appel kom nou handig te pas.
Hy trek sy kantoordeur toe. Sy 2de koffie van die dag wink. Seattle is gelukkig nie te ver nie.

Geduldig in die ry. "Tall skinny latte please" bestel die knaap voor hom.'n Gil klief deur die lug! Die sakkeroller is skaars by die deur uit, of ons held is op sy hakke. Twintig meter verder en die booswig maak hard met die aarde kennis. Ons held was nie verniet op sy dag bekend vir sy plettervatte op die rugbyveld nie! Die handsak 'n entjie verder op die sypaadjie.

"Ek kan u nie genoeg bedank nie."  Die sagte stem bewerig van skok. Hy kyk op van sy posisie waar hy nog steeds die boef vaspen. Waar het hy die pragtige groen oe vantevore gesien? Met kloppende hart besef hy... die brunette met die skalkse glimlag! Kan dit wees?!
 

Thursday, 3 September 2015

Net nog 'n dag op kantoor

"Eskom has met the country's electricity demand while operating and maintaining its generation fleet in a substantial manner for more than three weeks."

Die buurt is saans belig - ten minste kan ons held meer slaap kry,oefen en by 'n paar ander agtergeblewe goedjies uitkom.
Hy tel sy bybel op en 'n kaartjie met 'n bybelversie val uit. Matth. 6:8 "U Vader weet wat u van node het." Dit was 'n gebruik om sulke kaartjies vir mekaar te gee. Agterop in verblykte ink: Johanna, merk hierdie versie en glo dit. Oom Anton. 21.3.45. Johanna was sy ma, Wonder wie oom Anton was?

Nou by die werk, Soos gewoonlik eerste op kantoor.
Die ontvangsdame met die hoe polvye, stywe bloesies en te rooi lippe sal seker netnou wil weet waar die swelsel aan sy kakebeen vandaan kom.Dit raak 'n tameletjie. Met hoeveel verskonings kan 'n vent nou vorendag kom?

Daar hoor hy Mev. Bessie Alberts inkom.Sy met haar alewige galhoofpyne! Een kyk na haar kosblik is genoeg om die sooibrand te laat opstuwe. Sy eet waaragtig soos 'n vlugteling.

Sug, en dan ou Flenters Ferreira met die afdraandgesig soos 'n hartseer spook.Wie dra vandag nog Hush Puppie skoene. Jy sou sweer hy werk nog by Volkskas.

Sy gedagtes laat hom skuldig voel...daar is genoeg werk op sy lessenaar om hom goed besig te hou.
Die tyd sal wel verbyglip, en dan kan hy weer 'n slag die strate van sy buurt aapak. Hy glimlag korstondig...as sy kollegas maar geweet het.



Wednesday, 2 September 2015

Een oggend na pouse toe die sub-b klas terugkeer vind die juffrou iemand het gebollie op die vloer voor die swartbord. Na 'n lang gegiggel kry sy die klas om te kalmeer en vra wie dit gedoen het. Niemand antwoord nie.

Sy vra toe vir al die kinders om op hulle arms te le en dan maak sy ook so.
Die een wat die bollie gelos het moet dan vorentoe stap, dit optel en "jammer klas" op die bord skryf. Sy belowe dat sy ook nie sal kyk wie dit is nie.

Na so 2 minutes met almal se koppe op hul arms hoor die juffrou hoe iemand se stoeltjie stadig uitskuif, voetstappe tot by die swartbord, 'n gegriffel met kryt, 'n gegriffel op die vloer, voetstappe terug en 'n stoeltjie wat terug skuif.

Met hoop maak sy haar oe oop en kyk met skok na die vloer na 'n tweede bollie en op die bord staan:

















"Die skim kak weer"


2015/04/21 : Beurtkrag: Wie gly daar soos 'n skim deur die donker strate van Lynnwood? Ons held se gedagtegang word slegs tweemaal onderbreek deur waaksame herdershonde se geblaf. Die steurende, of is dit gerusstellende, gedreun van kragopwekkers registreer beswaarlik by hom. Van tyd tot tyd word hy verblind deur die kopligte van aankomende voertuie. Sy soepele spiere, glinsterend van sweet, word vir 'n vlietende oomblik vasgevang deur die ligstrale wat die donkerte deurklief. Die buurt kan rustig slaap. Verbeeldingryke Smittie, aka Die Skim.

2015/04/21 : Alweer beurtkrag! Die sekelmaan,wat stadig sy gang gaan deur die hemelruim, dra by tot die donkerte in die stil strate van ons held se buurt. Geklee in funksionele swart en grys, met slegs 'n titseltjie wit verskaf deur die bekende Duitse vervaardiger van sportkleding. 'n Kleurlingvrou met voos lippe en verbleikte pink kopdoek staan in die yl verligte deur van 'n drankwinkel, haar blik bewonderend. Die verkeersligte op die hoek van Lynnwood en Rodericks werk verbasend genoeg. "Kop en skouers stil, maag ingetrek, knieë hoog", gaan die refrein deur sy kop soos hy vir 'n vlietende oomblik vasgevang word in die ligte. Die Kronieke van die Skim, geborg deur Eskom.

2015/05/05: Die beurtkrag vang ons held onkant en daarom is hy effe nukkerig soos hy pligsgetrou sy buurt patrolleer. 'n Aankomende voertuig verstel sy kopligte om sterker in sy oë te skyn. Waarom? Om hom beter te kan sien/verblind? Sy gedagtes draal onwillekeurig na die Heks en  Rooikappie- "Om beter te kan sien my kind." Hy forseer sy gedagtegang terug na die hede. 'n Vraag wat onlangs telkens by hom opkom: " Moet sy kenmerkende en funksionele swart en grys oefenklere nie miskien vervang word met wit of weerkaatsende materiaal nie? Of wat van die klein liggie  wat Jan Braai op sy kop het wanneer hy kamtig vir die volk wil voorsê hoe om te braai? 'n Man word nie jonger nie, en moet na sy veiligheid ook omsien."
Wat sal ons Held besluit? Bly ingeskakel vir die volgende episode van Die Skim.

 2015/07/30: Ons held beplan'n ekskursie na Transylvania. Hy gaan kragte meet met Count Dracula, 'n vete wat jare terug strek. Gewapen met knoffel en 'n vernuftige houtkruisie, het hy sy beplanning en strategie deeglike deurdink. Hierdie keer sal hy nie terugkeer voordat die aartsvyand verslaan is nie! Om ongemerk by die ou kasteel in te kom was nie te moeilik nie, maar net toe.....lees môre verder vir die volgende spannende episode van Die Skim se Kronieke.


2015/07/29: Ons Held sorg dat hy in die skadu's bly en krakerige vloerplanke vermy. Skielik bevind hy hom in 'n groot saal, en daar staan Dracula, dramaties vasgevang in 'n maanligkol. Die oomblik van waarheid het aangebreek! Die geveg is heftig, maar vinnig oor. Hygend buig hy oor die lyk van die monster . Die bebloede houtdolk steek uit  Dracula se borskas waar hy dit met brute krag in sy hart gestamp het. Word vervolg...


2015/07/29: Die gesig van sy slagoffer is verwronge en grotesk. Die oë staar wild en nikssiende, 'n straaltjie bloed sypel uit die een mondhoek. Die huisie knoffel wat onseremonieël in sy smoel gedruk is, verleen 'n komiese, bisarre element tot die hele toneel.
Word vervolg... Kronieke van Die Skim.

2015/07/29: Ons held kyk vir oulaas selfvoldaan na die grusame toneel, dan forseer hy sy gedagtes terug na die volgende formidabele taak wat op hom wag...hy moet vir Mevrou Potjierol, by wie hy loseer, 'n klein aandenking in die hande kry. Sy is salig onder die indruk dat hy(sy ken hom as Dolf) op 'n sakebesoek aan Italië is. Hoe nou gemaak in hierdie eenvoudige, agterlike deel van die wêreld, bekend as Transylvania? Lees môre verder. Die Kronieke van Die Skim.


2015/07/30: Ons Held beur moeisaam voort deur die stowwerige, nou stegie. "Adult Shop" skreeu die vulgere rooi bordjie voor die klein winkeltjie. Vir 'n vlietende oomblik oorweeg hy dit om 'n "toy" vir Mev Potjierol te koop. Hy gril en skud sy skouers. 'n Beskeie reukwatertjie van die "Duty Free" by die lughawe is haar voorland. Word vervolg...

2015/07/30: Ons Held huiwer 'n oomblik voor hy die vliegtuigtrappies bestyg. Dis 'n wolklose aand en die volmaan trek sy aandag- die 2de volmaan van die maand. 'n  Sogenaamde " Blou Maan" , onthou hy as hy terugdink aan sy dae op die skoolbanke.
Hy gaan homself beloon met 'n glasie vonkel, besluit hy as hy in sy stoel neersyg. Hy besef nou eers hoe die dramatiese gebeure van die afgelope paar dae hom uitgeput het.
Het die aantreklike brunette oorkant die paadjie werklik skalks vir hom geloer, of is dit maar net sy verbeelding? Hy teug behaaglik aan die vonkel en laat sy gedagtes toe om bietjie te dwaal...word vervolg.

2015/08/01: Ons Held is terug in sy kamertjie by Mev Potjierol. Dis amper tyd vir aandete. Die Oos-Europese stapeldieet van goulash, kool en kluitjies het hom nie geval nie. Hy hoop innerlik dat die botteltjie reukwater goed ontvang is, want dan is daar die besliste moontlikheid dat sy gunstelinggereg vanaand op die spyskaart mag wees.  Ai, Karoo lamtjoppies of skaapkerrie met stampmielies, groen bone en soetpampoen sal darem vorentoe smaak. Hy wonder of dit te veel gevra is om malvapoeding vir nagereg te verwag, of straks gebraaide kaiings vir 'n voorgereggie.
Hy sal mooi oplet of sy miskien van die geskenk aangewend het. Hy hoop nie sy lewer kommentaar oor die rooi swelsel aan sy gesig nie. Hy is nou nog vererg dat Dracula hom onkant betrap het met sy eerste opstopper. Hy sal meer aandag aan sy gevegkuns en fisiese kondisionering moet gee. Nie alle teenstanders sal so maklik baasgeraak word nie. Die welkome lui van die etensklokkie onderbreek sy gedagtegang, en sy maag grom onwillekeurig. Kastaiings, afval, koeksisters- wat sal dit wees? Bly vasgenael.

2015/08/01: Ons Held sit behaaglik terug en strek sy bene. Kaiings, skaapafval, groente en 'n  sny melktert, sterk moerkoffie. Al wat kort is die Arga stoof, en hy kon sweer hy is terug in die kombuis van die ou plaasopstal in die Karoo.
Hy word bewus van die parfuum van sy gasvrou soos sy oorleun om sy leë koppie weer vol te maak. Sy skerp en ge-oefende oog het 'n Weigh Less biljet opgemerk tussen 'n stapeltjie pos en rekeninge op die koffietafeltjie. Hy wonder...

2015/08/03: Sy linker pik, pik, dan ontplof die regter boulhou teen die slaansak. Doef! Die opsigter wat besig is om die vloer te mop, kyk verskrik op. Een-twee, een-twee, sy volle gewig agter die opstopper. Beelde van vorige helde...Tommy, The Hitman, Hearns, Sugar Ray Leonard, Marvelous Marvin Hagler. Hygend, bors wat brand, harder, harder. Visualisasie spoor hom aan...Joggie Jansen wat Wayne Cotterel middeldeur sny met 'n plettervat op Loftus in die 1ste toets teen die 1970 All Blacks, en daarmee die gang van die toets en die reeks verander. Frik du Preez en Albie Bates se "gang-tackle" op die arme Chris Laidlaw in dieselfde epiese wedstryd. Nou meedoenloos teen die peerbal, vinniger, vinniger. Die brunette met die skalkse glimlag, Mev Potjierol en Karoo tjoppies moet vir eers wag. Dis weer tyd vir 'n spartaanse leefstyl van moordende oefensessies, koue storte en skamele etes.
Die rampokkers, booswigte en gespuis moet betaal vir hul dade! Hy sal hulle wys waar Dawid die wortels gegrawe het!
Die volgende aksiebelaaide greep volg.

2015/08/16: Versigtig sit hy die naald neer op die langspeelplaat. Die krapperige, dog strelende klanke vul sy klein kamer. Hy voel die omslag van die Frank Sinatra album tussen sy vingers. Sy oog vang sy beeld in die spiel - die sweetkolle donker op die oefenhempie. Hy voel tevrede oor die moordende oefensessies van die afgelope paar weke. Dis weer tyd om die donker strate aan te pak. Iets pla hom egter- die groeiende invloed van die Sjinese in Afrika. Hulle opmars moet gestuit word! Ons held bepeins hierdie nuwe uitdaging. Hoe sal Die Skim die vasteland van die Oosterse Draak bevry? Moet vir seker nie die volgende spannende episode misloop nie.

2015/08/20: The One Belt, One Road inisiatief wat van stapel gestuur is deur die Sjinese President Xi Jinping. Die integrasie van die Sjinese ekonomie in die wêreldekonomie dmv handel, beleggings, infrastruktuur en "connectivity". Gewigte sake hierdie. Ons Held neem 'n versigtige slukkie van sy koffie en beskou die rekenaarskerm en leêrs op sy lessenaar. "Cost Accountant" lees die plaatjie op sy deur. As sy kollegas maar geweet het wat sy werklike rol in die lewe is.
Hy moes al per geleentheid met verskonings vorendag gekom het om kneusings aan sy hande en gesig te verduidelik. 'n Rilling hardloop teen sy ruggraat af as hy onthou hoe besorg die jong ontvangsdame was toe sy met haar sagte, slanke vingers teer aan sy wangbeen gevoel het. Hy sal vir Jinpeng wys waar Dawid die wortels gegrawe het- of is dit nou die noodles?!

2015/08/20: 20 jaar se opoffering, toewyding en vreeslose bevegting van die booswigte wat sy mense en sy buurt geteister het. Die littekens aan sy lyf vertel 'n verhaal van heldedade en noue ontkomings.
Was dit alles die moeite werd? Hy dink wel met genoegdoening terug aan die insident toe hy geen ander keuse gehad het as om 'n bofbalkolf te gebruik om 'n sekere varknek se gebit permanent te herrangskik nie! Die forensiese kenners sou sekerlik gesukkel het om die knaap aan sy tandheelkundige rekords te identifiseer. Hierdie nuwe uitdaging is besig om hom te affekteer. Die aaneenhoudende hol kol op die maag. Dit gaan ' n grootse poging verg.
Wat volgende Skim?

2015/08/24:Die GridWatch Toep kom handig te pas. Nou weet ons Held wanneer Eskom beplan om beurtkrag in sy buurt toe te pas. Dit is mos juis dan wanneer hy in die donker deur die strate moet gly.
Hy besluit om sy roete weer te verander, asook om dit kloksgewys in plaas van anti-kloksgewys aan te pak. 'n Man kan nie bekostig om voorspelbaar te word nie.
Enige sprake van nuwe uitrusting moes vireers agterweë bly- die trip om vir Count Dracula te konfronteer het heelwat gekos.
Daar is dit weer! Die onmiskenbare klank van glas wat breek...vinniger, longe wat brand, dan is hy los oor die muur. 'n Gedempte knal en iets ruk aan sy skouer. Vuurwarm pyn skiet teen sy arm af...dan is hulle op mekaar.
Bly vasgenael...hoe sal Die Skim oorleef?

2015/08/25: Sy linkerarm is tydelik verlam. 'n Grynsende, gespierde figuur met 'n pistool in sy hand swaai wild na sy kop! Instink neem oor. Die Skim vee sy aanvaller se voete met 'n goedgeplaaste skop onder hom uit. Oomblikke later ontplof 'n kragtige regter  teen die skurk se kakebeen. Sy voorkop klap genadeloos teen die groot, plat neus. Warm bloed spat teen sy gesig. Skielik is als oor...Behendig deursoek hy die aanvaller se broeksakke.'n Verfrommelde kwitansie van 'n winkel in Maputo word sy enigste leidraad.
Die bewoners is nie tuis nie. Na 'n anomieme oproep na die Brooklyn polisiestasie sluk die donker nag ons held in.
Die pyn in sy bo-arm so te sê vergete tot hy terugsluip in sy beskeie kamertjie. Gelukkig het die patroon hom net skrams getref. Nou om die wond te versorg...'n klop aan sy deur! Sekerlik Mevrou Potjierol...hoe nou gemaak?

2015/08/28: Dis stil en donker. Versigtig stoot sy die ou houtdeur oop. Vars,skoon handdoeke in haar arms. Sy verstar...die  natgeswete, gespierde bolyf...bloeiende skouer. Die verrassing duidelik in sy oë. Die handdoeke val op die bed.
Hy prewel iets van 'n sakkeroller wat 'n bejaarde dame se handsak wou gryp. Sy hoor skaars. Haar opleiding as 'n verpleegsuster dikteer. Ferm, vaardige hande wat was, ontsmet, verbind...hy is bewus van haar nabyheid, die reuk van haar hare aangenaam. Haar besorgdheid duidelik, die aanraking teer as sy die laaste bloed afvee. Hy wil iets sê...die kommer in haar oë, pragtige vol mond wat wil bewe. Dan is sy weg.
Verward gaan sit hy op die katel. Weerloos teen die emosies wat hom oorval.

Wat nou Skim?

2015/09/01: “No Parking Geen Parkeering” lees die kennisgewingbord. Slordige taalversorging en spelfoute agter die boereworsgordyn. Geïrriteerd draai hy om die volgende 80 meter teen die geniepsige steilte aan te pak. Sy hart hamer teen sy ribbekas, polsslag 175.
Stadiger af teen die bult om te herstel voor die volgende een.
Hy dink onwillekeurig terug aan ou Driesse wat sy Afrikaanse onderwyser was op skool. Hoe het hy hulle tog nie gedril nie! Jy 'doen jou bes', nie 'probeer jou bes' nie! Die verkeerde gebruik van “was gewees “ in ‘n sin. “Weer eens “ is 2 woorde! Sy invloed het hom bygebly deur al die jare. Asook die vernuf wat sy oorlede ma met die kriptiese blokraai gehad het. Nou is die blokkiesraaisel in Saterdag se Beeld ‘n moet vir  ons held.
17, nog 3 wat voorlê. Sweetdruppels  brand sy oe. Die klein groen oefenboekie wat hy in 1970 gekoop het. Maj. John Short was 'n gerekende atletiekafrigter. Hy het selfs vir Gerrie Coetzee gehelp om die swaargewigbokstitel te verower. Krag-relevante fiksheidsoefeninge was sy mantra. Nostalgie oorval hom vanaand.
Hygend begin hy die kort afstand terug na die losieshuis. Die maan is pragtig, die buurt stil. Hy's te laat vir aandete. Droë weetbix is sy voorland. Daar sal darem ‘n vrug wees wat hy vanuit die bak in die ingangsportaal kan gaps.
‘n Geringe beweging van mevrou Potjierol se slaapkamergordyn trek sy aandag...